Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Somer in Johannesburg" deur FERDI GREYLING
"Somer in Johannesburg" deur FERDI GREYLING [boodskap #17028] Sun, 23 August 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
SOMER IN JOHANNESBURG
Ferdi Greyling

Bokant Hillbrow bloei die son
oranje op die vuil lug.
Later die aand lê die dag swart
en uitgebrand op die strate.

Die hitte dreun soos tromme
deur die stad
waar busse grom
en rook in die strate spoeg.

In Bez Valley kyk die huise
binnetoe met hulle vensters.
More-oggend brand die son weer
'n gat in die lug bo Troyeville.
Vorige onderwerp: "Bitterbessie Dagbreek" deur INGRID JONKER
Volgende onderwerp: "Jan se huis" deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 01:58:57 UTC 2024